|
Die venesiese blinding bied ‘n praktiese oplossing vir kantore waar glansprobleme op rekenaar- of TV-skerms ondervind word. Dit bied egter ook ‘n eleganter moderne oplossing waar daar ‘n behoefte is aan liguitskakeling en waar algehele privaatheid vereis word.
Blindings bestaan uit kleurvaste, vinielbeklede aluminiumstroke.
Standaard strookwydtes is 16mm, 25mm en 50mm.
Alle pennetjies word van roesvrye staal gemaak om roes te verhoed (by die kus kan dit nie altyd gewaarborg word nie, tog is die lewensduur heelwat langer as dié van metaalpennetjies).
Koorde, bande en bo- & onderrelings word gekoördineer met die kleur van die blindings.
Die bo-reling word afgewerk met kantplaatjies wat aan beide kante inpas, hegtingsknippe van plaatstaal (16 & 25mm), plaatstaal universele installasieknippe (50mm) en gevormde plastiekhakies waarin die onderreling gehaak kan word (op aanvraag). Aluminium of metaal bo-relings kan korrodeer wanneer blootgestel aan hoë vog- of soutvlakke, dit is kusgebiede of na aan die see. ‘n Persoon hoef slegs na die aluminium handvatsels, deur- en vensterrame te kyk!!
‘n Deursigtige harde plastiekstaaf geheg aan ‘n draairatjie in die bo-reling (vir 16 & 25mm) en ‘n trekkoord (vir 50mm) vergemaklik die oopmaak, toemaak en skuinsdraai van die blinding na u behoefte.
‘n Koord word gebruik om die blinding mee op en af te trek. Trek die blindings slegs op wanneer die bane in ‘n horisontale posisie is.
Die 50mm venesiese blinding raak al hoe meer gewild. Die 50mm blinding maak ‘n modestelling wat nie meer die “outydse” konnotasie dra nie. Hierdie blindings kom tot hulle reg as modieus en dramaties, wat die jongste bou- en dekormodes komplementeer en verhoog. Veral die geperforeerde silver blinding is hoogmode in kantore en ontvangsareas.
Die 50mm aluminium venesiese blinding word toegerus met die standaard leertjie waardeur die bane loop of kan afgewerk word met materiaalband afhangende van die voorkoms wat u verkies.
Die aluminium houtvoorkomsblinding met houtafwerking is ‘n opwindende nuwe produk wat as opsie kan dien indien egte hout nie verkies word nie. Wanneer houtafwerking versoek word, word die blinding toegerus met ‘n egte houtstrook bo teen die bo-reling, egte hout-onderreling, staaf en knoppie onderaan wat die blinding ‘n uiters egte houtvoorkoms bied teen minimale koste.
Die 50mm houtvoorkomsblinding met standaard houtafwerking kan met gemak in groot vensters gepas word aangesien hulle veel ligter is as hout en maklik hanteerbaar is. Hierdie blindings het so ultra-modern soos die ware jakob geword, met die bykomende voordeel van stabiliteit.
Let daarop dat venesiese blindings vir ligbeheer gemaak word. Dit is moontlik om van buite na binne in te kyk indien ‘n persoon afbuig en teen die blinding deur die gleufies in die rigting van die plafon opkyk. Indien blindings ongewoon lank is, sal die bane onder nie heeltemal so dig sluit soos die res van die blinding nie. Dit is normaal.
Aluminium venesiese blindings teen of baie naby die see (en alle kusdorpe is naby die see!!) behoort gereeld afgewas te word om die soutneerslag op die bane te verwyder en daar behoort geen nattigheid op die bane toegelaat te word nie. Om dit te doen: knip die blinding uit die venster en lê oop op die grasperk. Spoel dan af met ‘n tuinslang. U kan selfs bietjie vloeibare skottelgoedwasmiddel by die water voeg wat dan afgespoel word. Wag vir die blinding om droog te word en hang terug in die venster. Moenie die blinding optrek terwyl dit nog nat of klam is nie. In hoogs besoedelde en/of kusgebiede behoort bane gereeld met ‘n klam lap afgevee te word.
Silver-, goud-, suiwer aluminium en eksotiesgekleurde bane word veral nie aanbeveel vir kus- of klamgebiede nie. Geen vervanging sal op hierdie blindings gedoen word nie.
Indien dit duidelik blyk dat venesiese blindings met disrespek behandel is, wat lei tot korrosie en oksidasie, sal dit nie vervang word nie. Alvorens ‘n klag ingedien kan word, maak asb seker dat u ‘n volledige ondersoek loods tov die rede vir oksidasie, bv vensters wat oopgelaat word, te na aan die see, geen gereelde versorging, venster- of deurrame wat nie dig in mure pas nie, nat of klam areas om die gebou, ens.
|